opgeskort

Dit was `n leë ruimte
Die gekners van tande
het van die wit mure weerkaats
Van êrens was daar `n trek
deur hierdie holende plek
Koud het sy asem om my gevou.

Die tyd was moeilik om te bepaal
Nag en dag het een geword
Kos en afskeidsel nie onderskeidbaar.
Van êrens was daar `n trek
deur hierdie holende plek.
Splinter het my beendere verbrokkel.

Dit was `n leë ruimte
Die blink van die beperkte wit
klousule van mure het my verblind
Van êrens was daar `n trek
deur hierdie holende plek.
Asem en splinters word saam stof.

12/95

About Marais

Anja Marais is an artist with interdisciplinary projects consisting of sculpture, photography, installation and film that present the idea of the perpetual outlander. For more information visit http://www.anjamarais.com
This entry was posted in Gedig/Poetry and tagged . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s